Saturday, February 4, 2012

Niks nuuts nie

Wel, ek het gereken ek moet bietjie blog, maar ek het eintlik niks om te rapporteer nie. Ek is bietjie ongemotiveerd vir die hele regeet en oefen ding opdie oomblik, maar dis net hormonaal, en ek moet myself maar gedurig herinner dat ek in beheer is van my hormone en nie andersom nie!
Lydia het verkoue, die arme ding. Haar dees is sooo toe ek sukkel om haar te verstaan! Sy moes vanoggend drie keer vir my sê sy wil 'n ped hê. Dis toe al die tyd 'n PEN. Shame.

No comments:

Post a Comment