Wednesday, February 22, 2012

Woensdag

Ek het probeer om 'n vreeslike kjoet videotjie van Lydia wat dans op te sit, maar dis te lank. Die ding is tog so half simpel met die dat jy net 100 meg op 'n slag kan laai!

Ons het vandag 'n vriendin van my help trek. Dis mos wat gebeur as mens 'n bakkie het "Can you please help me to take a couple of boxes to the new place?" Ek gee glad nie om om dit te doen nie, want ander met bakkies het ons al baie gereeld help trek. Dis altyd ook lekker om die nuwe huis te sien. Ek sou nou wraggies nooit in hulle nuwe plek wou intrek nie. Dis aaaaklig. Maar each to his own.

Lydia het nie geslaap oppad af nie, en ook nie oppad terug nie! Sy raak nou regtig 'n groot dogtertie. Deesdae as sy gaan slaap in die kar, dan sê sy vir my Mamma, ek gaan gou gou nap. Vandag het ek haar gevra of sy gou gou gaan nap, toe sê sy Uh-uh. Wel, okay. O, en vanmore kom sy by my waar ek my hare doen en lig my in "Mommy, I have decided not to eat my breakfast today" Ek sê o, wel, okay. "So, now can have some cookies, please" hahaha. Toe lag ek en verduidelik vir haar dat DIT nie is hoe dit werk nie. Toe het sy darem terug gegaan en haar salami gaan opeet, maar sy wou nie die appelskyfies eet nie, so, dus geen koekies nie.

Vandag het ek geleer dat iets wat vir my hond afskuwelik is vir 'n ander mens baaie mooi kan wees. weird.

No comments:

Post a Comment