Monday, February 27, 2012

Voorjaar

So, nog 'n verjaarsdag verby. Die groot 30! (sharrap)! Ek sit en luister na Najaarsdroom van ou Koos Du Plessis want ek het daaraan gedink toe ek nou die kombuis aan die kant gemaak het. Ek voel nie hartseer of nostalgies of enige iets nie, dis net vir my 'n mooi lied met woorde wat baie beskrywend is vir waar ek nou in my lewe is. En al is dit eintlik vorojaar is die woorde nog steeds vir my mooi.

"iewers skyn die somerson op die velde van Transvaal,
en erens dreun die branders aan die strande van Natal"

"ek sit soms en ek luister of ek dalk in die wind
die Vrystaat en die Boland se stemme terug kan vind"

En dan besef ek dat selfs iemand wat in Boksburg of Balito of Kroonstad of Stellenbosch bly kan daai persiese selfde woorde sing. Die Transvaal en Natal, die Vrystaat en die Boland waarvan Koos sing bestaan nie meer nie. Selfs vir mense wat bly in die land met die naam Suid Afrika. DIT maak my hartseer en nostalgies.

Wednesday, February 22, 2012

Woensdag

Ek het probeer om 'n vreeslike kjoet videotjie van Lydia wat dans op te sit, maar dis te lank. Die ding is tog so half simpel met die dat jy net 100 meg op 'n slag kan laai!

Ons het vandag 'n vriendin van my help trek. Dis mos wat gebeur as mens 'n bakkie het "Can you please help me to take a couple of boxes to the new place?" Ek gee glad nie om om dit te doen nie, want ander met bakkies het ons al baie gereeld help trek. Dis altyd ook lekker om die nuwe huis te sien. Ek sou nou wraggies nooit in hulle nuwe plek wou intrek nie. Dis aaaaklig. Maar each to his own.

Lydia het nie geslaap oppad af nie, en ook nie oppad terug nie! Sy raak nou regtig 'n groot dogtertie. Deesdae as sy gaan slaap in die kar, dan sê sy vir my Mamma, ek gaan gou gou nap. Vandag het ek haar gevra of sy gou gou gaan nap, toe sê sy Uh-uh. Wel, okay. O, en vanmore kom sy by my waar ek my hare doen en lig my in "Mommy, I have decided not to eat my breakfast today" Ek sê o, wel, okay. "So, now can have some cookies, please" hahaha. Toe lag ek en verduidelik vir haar dat DIT nie is hoe dit werk nie. Toe het sy darem terug gegaan en haar salami gaan opeet, maar sy wou nie die appelskyfies eet nie, so, dus geen koekies nie.

Vandag het ek geleer dat iets wat vir my hond afskuwelik is vir 'n ander mens baaie mooi kan wees. weird.

Wednesday, February 15, 2012

Roses are Red, Violets are Blue

Die woorde van die liedjie is: Roses are red, violets are blue, I sleep in my bed, I have a bunny in my belly and I laugh. Sy't heeltemal self daarmee opgekom.





Die boekie wat sy vashou is kamma haar "musiek" Soos Mamma maak by die koor.
Dit sneeu vir 'n beker hier vandag. Ek skat seker al 6 duim geval, en dit val nog sterk. Wanneer dit vanmiddag ophou gaan ons so bietjie slee ry! Lekker. Sal foto's daarvan ook neem en post
My verkoue ding voel beter, maar ek klink soos 'n gans.

Monday, February 6, 2012

Weeg Dag

Wel, ek is baaaaie beindruk met myself. Ek weeg nou 182 pounds. Dit is 4 pond minder as vier weke gelede, en aaaalll die raad en goed wat ek lees is dat 'n pond per week sustaineable weightloss is! Het dus nou in totaal 14 pond verloor sederd einde November. How cool is that!

Lydia was op haar stukke vandag. Ek en sy het 'n paar keer ons magies vasgehou van die lag. Ek het nie veel met haar gedoen vandag nie, want ek het wasgoed by die duisende gehad om te doen. Toe bid ons vir ons middagete, toe sê sy: Dankie vi die lekke daaaag, dankie vi ons lekke kossies, dankie dat Mamma met my kan speel...jaaaa, Mamma moet met my speel (toe lag ek en toe sjoos sy my!) en dankie vi Chocho en Tasha. AAAAMEN! Dankie Jesus!"

Saturday, February 4, 2012

Niks nuuts nie

Wel, ek het gereken ek moet bietjie blog, maar ek het eintlik niks om te rapporteer nie. Ek is bietjie ongemotiveerd vir die hele regeet en oefen ding opdie oomblik, maar dis net hormonaal, en ek moet myself maar gedurig herinner dat ek in beheer is van my hormone en nie andersom nie!
Lydia het verkoue, die arme ding. Haar dees is sooo toe ek sukkel om haar te verstaan! Sy moes vanoggend drie keer vir my sê sy wil 'n ped hê. Dis toe al die tyd 'n PEN. Shame.

Sunday, January 29, 2012

Lifestyle Changes

Hierdie jaar gaan mos oor Opdaag! Hier's hoe ek my eetgewoontes gaan leer opdaag die jaar!


  • Ek drink nie meer soda nie. Ek koop dit nie by 'n grocery store nie, ek bestel dit nie by 'n restaurant nie, ek drink dit nie by vriende se huise nie! Dit doen ek al van Thanksgiving af. Aan die begin het ek my Pepsie vreeeeslik gemis, maar nou kom ek nie eers meer agter dat dit nie meer in my lewe is nie.

  • Ek eet nie meer lekkergoed nie. Nie chocolate nie, nie marshmellows nie, nie gummybears nie. Dis nog vir my moeilik, veral daai tyd van die maand en ek moet 'n bietjie van lekkergoed in die huis hou vir Lydia, maar ek koop maar net die goed wat sy van hou en wat ek nie van hou nie. Dit is buitendien ook sleg vir haar en sy kan maar gerus ook minder soetgoed eet.

  • Beginnende met Lydia se verjaarsdag hierdie jaar sal ek slegs op haar, my en Will se verjaarsdae koek eet. Die dag na haar verjaarsdag was ek so siek soos 'n hond aan 'n ongemaklike magie oor die cupcakes wat ek geeet het daai dag. Voor haar verjaarsdag het ek laaaanklaas fyngebak geeet en ek het vergeet hoe sleg dit my laatvoel. Hoekom iets eet wat my nie lekker laat voel nie.

Dis net drie goedjes, die eerste van is klaar onder die knie.


Daai's die goed wat ons nie meer gaan doen nie. Ons probeer nou om elke maaltyd meer groente as vleis en stysel te eet en om ons snacks uitsluitlik vrugte te hou.


There.


Wat het ek vandag geleer....? Hmmm. nope, I got nothin'

Saturday, January 28, 2012

Sing in die Kar



ek het hierdie maaande terug opgeneem en op facebook gelaai, maar hier's dit nou oppie bloggie ook vir die wat sukkel met facebook.


tarra