Friday, December 31, 2010

Crappy New Year

Sien, dis nou net hier waar 'n blog weer handig te pas kom. Want ek wil iets sê en ek sal dit sê al weet niemand nooit dat ek iets daaroor gesê het nie. Ek HAAT Oujaarsaand. Mense maak so fuss van opbly tot in die "nuwe jaar" en partytjie hou om die oujaar af te sluit en eintlik is die nuwe jaar maar net nog 'n dag. As jy nie gelukkig was in die oujaar nie, gaan 'n nuwejaar nie enigsins verskil maak nie. Mense dink altyd "volgende jaar sal beter wees" maar dit is nooit nie. Een jaar snuif net so veel soos die ander. Life sucks people, so just get on with it! Ek maak 'n punt daarvan om voor 12 op oujaarsaand in die bed te wees en verkieslik vas aan die slaap te wees!
Ek is nie klinies depressief nie, ek is sinies depressief. haha