Sunday, January 29, 2012

Lifestyle Changes

Hierdie jaar gaan mos oor Opdaag! Hier's hoe ek my eetgewoontes gaan leer opdaag die jaar!


  • Ek drink nie meer soda nie. Ek koop dit nie by 'n grocery store nie, ek bestel dit nie by 'n restaurant nie, ek drink dit nie by vriende se huise nie! Dit doen ek al van Thanksgiving af. Aan die begin het ek my Pepsie vreeeeslik gemis, maar nou kom ek nie eers meer agter dat dit nie meer in my lewe is nie.

  • Ek eet nie meer lekkergoed nie. Nie chocolate nie, nie marshmellows nie, nie gummybears nie. Dis nog vir my moeilik, veral daai tyd van die maand en ek moet 'n bietjie van lekkergoed in die huis hou vir Lydia, maar ek koop maar net die goed wat sy van hou en wat ek nie van hou nie. Dit is buitendien ook sleg vir haar en sy kan maar gerus ook minder soetgoed eet.

  • Beginnende met Lydia se verjaarsdag hierdie jaar sal ek slegs op haar, my en Will se verjaarsdae koek eet. Die dag na haar verjaarsdag was ek so siek soos 'n hond aan 'n ongemaklike magie oor die cupcakes wat ek geeet het daai dag. Voor haar verjaarsdag het ek laaaanklaas fyngebak geeet en ek het vergeet hoe sleg dit my laatvoel. Hoekom iets eet wat my nie lekker laat voel nie.

Dis net drie goedjes, die eerste van is klaar onder die knie.


Daai's die goed wat ons nie meer gaan doen nie. Ons probeer nou om elke maaltyd meer groente as vleis en stysel te eet en om ons snacks uitsluitlik vrugte te hou.


There.


Wat het ek vandag geleer....? Hmmm. nope, I got nothin'

No comments:

Post a Comment