Tuesday, August 24, 2010

Chobe die Wilde Water Hond!

Foto's







Ek het nou weer heel lekker gekuier by Almari vandag. Ek dink die vorige keer se frustrasie was maar meer omdat ek so goor gevoel het as enige iets anders. Hier's paar foto's.

Monday, August 23, 2010

Ek's 'n MIER!!!!!!






















Ek het 'n lekker besig naweek gehad, en my week shape op om net so besig te wees! Ons het nou maar besluit om by die kerk te bly, en die koor het weer begin oefen want die somer vakansie is mos nou verby. Jim eht vir my gevra om boekmerke te maak vir die koorwerkswinkel wat nou Saterdag was. Dit was lekker om weer bietjie kreatief te verkeer op die rekenaar. En ek dink dit het nogals mooi uitgekom (ek sê aspris nogals ;o) Laas jaar was daar rondom 40 mense by die werkswinkel, Saterdag was daar maar 18 mense saam met Jim. Dit was tragies om te sien. Ek was oudergewoondte laat en toe ek parkeer is daar so min karre in die parkeer area gewees dat ek gedink het ek het die dag verkeerd gehad. Daar's baie min mense oor in die kerk, wat hartseer is. Dit sal maar 'n rukkie vat vir dinge om weer normaal te word glo ek.

Saterdag middag is ek na Jeanette se dogter Nanette se babyshower toe in Palmdale. Ek het so uitgesien daarna, want daar sou mos allerhande suid afrikaanse nammies gewees het!! Nammie, nam. Of, NNNNNNNNNNNNNNAAMMMMMMMMMMMMMMM!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!! Soos Lydie sê. Daar was 'n horde mense, seker maklik rondom 70 mense. Dit was heeltemal te veel! So veel so dat ou Lydia skoon heeltemal oorweldig was. Sy wou nie laat ek haar neersit nie, leave alone nog vir iemand anders gee om vas te hou! Almarie het aangebied om haar vas te hou terwyl ek gou eet, maar kyk, sy sit 'n bek op laat die berge antwoord gee. Toe gaan speel ek en sy maar bietjie buite in die tuin. Hulle het 'n lieflike tuin en 'n pragtige swembad. Dit het sy darem terdee geniet, en nadat meeste van die mense weg is en net die Suid Afrikaanse spul oorgebly het, was sy katjie van die baan met hulle en het sy soentjies en drukkies vir almal uitgedeel. Ek het op die ou einde net een ou verdwaalde koeksistertjie geeet. ugh. Nou sal ek maar weer moet bak.

Ek het 6 uur daar gery toe bel Will my om te sê die snelweg tussen Tehachpi en Bak is geslut en dat hy al vir 'n uur vassit. Hy het eers 8 uur by die huis gekom die arme ou. Drie ure van Bak na Tehachapi. Daar was 'n maoerske ongeluk net na Arvin. Toe ek van die snelweg afklim staan daar so swart gemors en 'n brandweer wa langs die pad, toe ek mooi kyk sien ek dis 'n trok wat in sy totaliteit uitgebrand het. Dit was seker wat die snelweg opgehou het
Sondag het George en Trish kom kuier en ons het games gespeel tot laat. Dit was pret.

Vandag is Will af, so ons gaan nou nou dorp toe om fotostate te maak vir my nuwe paspoort aansoek en honde kos koop en my pille by die dokter optel.

More gaan ek in lancaster kuier by Almari (ek sal dit nog 'n kans gee)

Woensdag kom Kurt vir 'n play date en dis kooroefening

Donderdag gaan ek by Kathy kuier

Vrydag is groceries en dorp dag.

Hier's paar nuwe foto's. Die bokkies was in die side yard laas Vrydag toe sy haar middagslapie gevat het).












Thursday, August 5, 2010

Nou voel ek weer beter

Ek was darem gister en vanoggend baie ongelukkig oor die hele gewig storie. Ek het regtig hard geoefen en het gehoop dat ek ten spyte van die feite nie te min 'n paar pondjies sou verloor, maar moet nie glo nie. Vandag toe ek op die skaal klim is dit nogal so ewe .5 pond swaarder! Ugh. Toe besluit ek ek gaan nie oefen vandag nie, maar ek gaan die huis soos in vreeslik aan die kant en skoon maak! Dit het gewerk soos 'n bom, ek het gewerk dat die sweet my aftap (wat deesdae sommer vinnig gebeur) en was eers drie uur vanmiddag klaar, maar nou lyk die huis pragtig en ek kon terugstaan en die vrug op my arbeid geniet. Dis lekkerder as mens hard werk vir iets en jy kan actualy die resultate van jou labour sien! More is dit maar weer terug na die oefen skedule. Will het begin draf vanmore. hy sê ek inspireer hom. Ten minste inspireer ek IEMAND!

Monday, August 2, 2010

Haai Foeitog


Anyway. So gaan shop ons toe mos nou maar Sondag vir 'n swembroek en 'n paar nuwe goedjies vir my vet bas. Ek is nie onder 'n kalkoen uitgebroei nie, en gaan sommer van die begin af by die Winkel vir die Grootttttter Vrou in, Lane Bryant. Ek het mos vroeer in die jaar vir my daar 'n denim en 'n top gekoop wat ek baie van hou. Ou Will is maar 'n staatmaker as dit kom by die klere kopery want hy het 'n baie goeie oog vir wat goed sal lyk aan my lyf, so met sy hulp is ek toe daar in die aanpaskamer in met drie tops, drie shorts, twee sweetpakke en 'n swembroek. Die lekker ding van die Lane Bryant winkel is dat ek die kleinste nommer vat wat hulle winkel het,want hulle goed begin by 'n 14 ('n 16 vir julle daar in SA). En ALLES pas, so dis net 'n geval van wat lyk die beste. Dit was baie lekker om vir Will en Lydia modeperade te hou en op die ou einde het ek toe 'n sweetpak, die drie toppies en twee van die shorts gekies.

Toe is dit die swembroek se beurt. Nou moet julle verstaan dit is die einde van die seisoen so hulle het nie meer vreeslik stock oor nie, so al wat hulle gehad het is 'n swart en wit kolletjies nommertjie in 'n 16 ('n 18 vir julle daar in SA). Dit lyk toe gelukkig pragtig en vat my baie mooitjies bymekaar. Toe koop ek dit. Heerlik dat ek nie van winkel tot winkel hoef te geloop en aanpas het nie. Maar skokkend dat ek 'n nr. 18 swembroek en 'n nr. 16 regular klere dra, ne! Ek het nooit gedink ek sal die dag sien kom nie. Oh well, ek is ook nie likely om die dag te sien gaan nie, so intussen dra ek maar die grootter nommertjies en voel ek happy.

Arme Will is alweer met Lydia daar in die kamer want sy't gesê sy's vaak, nou hoor ek sy jol te heerlik en daar's niks van slaap nie. die rakker.