Sunday, February 6, 2011

Hier's Lydia se weergawe van die Olifant dansie

Elke keer as die advertensie op die TV kom dan spring sy op en begin haar dansie doen. En moet nie glo ek en Will kan maar net daar sit nie, hoor, ons moet ook opspring en dans. Sy spring op en sê Mamma dans, Pappa dans, Olie dans, Lydia dans!!!! En dan is die sports aan. En moet ook nie glo ons kan dit net eenmaal speel nie, neewat, gewoonlik hier by die agtste keer dan sê Will, "laaste keer" en dan as die advertensie verby is, sê Lydia vir hom "Aaste keer, bief Pappa", dan doen ons dit nog een maal.

Meelbas

Ek kan nie onthou wat ek die dag gebak het nie, maar dit lyk of die bak tyd baie pret was vir Lydia. As ek my herinner was dit pannekoek, want die pop se pakkie was die volgende dag vol kanneelsuiker.

Eating in Comfort







Ek en Lydia eet elke middag middagete by die eetkamer tafel. Sy raak partymaal baie gemaklik.