Saturday, April 23, 2011

Cell Phone Photo's





















Ek kan nie glo ek het so lanklaas gepost nie































Interessante ding is, hoe minder depressief ek is, hoe minder het ek lus om te skryf. Ek beskou myself nou glad nie as 'n kunstenaar van enige aard nie, maar ek het al gehoor dat mense wat artisties ingestel is hulle beste perform wanneer hulle bietjie mal is. Ek sal maar eerder bietjie minder gereeld skrywe as wat ek weer mal word.






















Hier's paar foto's van die easter egg hunt.






















Sunday, February 6, 2011

Hier's Lydia se weergawe van die Olifant dansie

Elke keer as die advertensie op die TV kom dan spring sy op en begin haar dansie doen. En moet nie glo ek en Will kan maar net daar sit nie, hoor, ons moet ook opspring en dans. Sy spring op en sê Mamma dans, Pappa dans, Olie dans, Lydia dans!!!! En dan is die sports aan. En moet ook nie glo ons kan dit net eenmaal speel nie, neewat, gewoonlik hier by die agtste keer dan sê Will, "laaste keer" en dan as die advertensie verby is, sê Lydia vir hom "Aaste keer, bief Pappa", dan doen ons dit nog een maal.

Meelbas

Ek kan nie onthou wat ek die dag gebak het nie, maar dit lyk of die bak tyd baie pret was vir Lydia. As ek my herinner was dit pannekoek, want die pop se pakkie was die volgende dag vol kanneelsuiker.

Eating in Comfort







Ek en Lydia eet elke middag middagete by die eetkamer tafel. Sy raak partymaal baie gemaklik.



Saturday, January 8, 2011

Monday, January 3, 2011

Happy New Year

Laat ek net die "Pappa proe aaklig" deel verduidelik. Ons het gisteraand vis en chips geeet en Will hou daarvan om malt vineagar op sy vis en chips te eet so ek en Lydia het met hom aangegaan oordat dit so erg ruik.

L

! r gaat ons alweer

Ek dog ek skryf gou my nuwejaarsvoornemens neer net solat ek dit nie vergeet nie! Ek het aan allerhande ander name vir dit probeer dink, maar dit bly nou maar eenmaal voornemens so voornemens is wat dit is.

Eerstens gaan ek nie weer hierdiejaar met 'n vuil kombuis en voorhuis slaap nie. Laas jaar was die norm om als net so te los en in die bed te gaan klim. Dan staat ek in die oggend op en ek begin die dag met 'n agterstand. So vang ek nooit op nie en word my huis al hoe meer deurmekaar en vuil. Nou gaat ek voor dat ek gaan slaap in die aande eers die huis aan die kant maak sodat ek more oggend net die beddens het om op te maak. So far so good. Dit is die derde...

Tweedens is dit alweer die ou gewig issues. Ek is regtig bvrees dat as ek nie hierdiekeer dit regkry om die 30lbs te verloor nie gaan ek net opgee en myself laat gaat! Vrees op vrees. Skoonma het vir my 'n boek van Joyce Meyers persent gegee oor goed lyk en goed voel wat ek nou begin lees het, en ek volg nou my dokter se voorstel van vis, poultry, groente, vrugte en heelgrane. Die ding is net dat daar nie op die oomblik veel geleentheid vir oefening is nie as gevolg van die goor weer en die feit dat my huis nou so lekker vol meubels is dat ek nie meer plek het om Denise te doen nie! Dus, die eetgewoontes moet maar eerste kom en dan die oefen gewoontes wanneer die weer bietjie beter is. Ek gaan eers oor ses weke op die skaal klim want ek dink dis hoelank dit my gaanvat om 'n pond te verloor en ek is nie lus om te kyk hoe ek wipplank ry nie.

Laastens. Ek soek nooit weer na 'n sker nie!!! Wanneer ek Vrydag dorp toe gaan gaan ek vier pakke van twee skere koop by KMart en daar gaan 'n sker in elke laai van die kombuis gaan en 'n sker in elke badkamerkassie en in my bedkassie se laai en in my grimering laai!!!!

Daar.