Sunday, January 29, 2012

Lifestyle Changes

Hierdie jaar gaan mos oor Opdaag! Hier's hoe ek my eetgewoontes gaan leer opdaag die jaar!


  • Ek drink nie meer soda nie. Ek koop dit nie by 'n grocery store nie, ek bestel dit nie by 'n restaurant nie, ek drink dit nie by vriende se huise nie! Dit doen ek al van Thanksgiving af. Aan die begin het ek my Pepsie vreeeeslik gemis, maar nou kom ek nie eers meer agter dat dit nie meer in my lewe is nie.

  • Ek eet nie meer lekkergoed nie. Nie chocolate nie, nie marshmellows nie, nie gummybears nie. Dis nog vir my moeilik, veral daai tyd van die maand en ek moet 'n bietjie van lekkergoed in die huis hou vir Lydia, maar ek koop maar net die goed wat sy van hou en wat ek nie van hou nie. Dit is buitendien ook sleg vir haar en sy kan maar gerus ook minder soetgoed eet.

  • Beginnende met Lydia se verjaarsdag hierdie jaar sal ek slegs op haar, my en Will se verjaarsdae koek eet. Die dag na haar verjaarsdag was ek so siek soos 'n hond aan 'n ongemaklike magie oor die cupcakes wat ek geeet het daai dag. Voor haar verjaarsdag het ek laaaanklaas fyngebak geeet en ek het vergeet hoe sleg dit my laatvoel. Hoekom iets eet wat my nie lekker laat voel nie.

Dis net drie goedjes, die eerste van is klaar onder die knie.


Daai's die goed wat ons nie meer gaan doen nie. Ons probeer nou om elke maaltyd meer groente as vleis en stysel te eet en om ons snacks uitsluitlik vrugte te hou.


There.


Wat het ek vandag geleer....? Hmmm. nope, I got nothin'

Saturday, January 28, 2012

Sing in die Kar



ek het hierdie maaande terug opgeneem en op facebook gelaai, maar hier's dit nou oppie bloggie ook vir die wat sukkel met facebook.


tarra

Ons Tweetalige Toddler

Lydia maak geen onderskeid partykeer tussen engels en afrikaans nie. As sy aan die gang is, dan gee sy nie om in watter taal sy haarself uitdruk nie, en daar kom partymaal die snaaaakste goed uit! Ek het hierdie week haar uitdrukkings neergeskryf. Hier is hulle:


  • I can skryf him a Happy Birthday Card.

  • Mommy, can you please hand me that stok?

  • Let's go to speel-speel Disneyland.

  • Look, I made some plek for you.

  • I don't can do this.

  • Mommy, I'm so scary! (as sy bang is vir iets)

  • Could you help me make this toe, mom?

  • Ek het my ball gelost, Mamma!

  • I don't can find my guitar everywhere!

  • I have too lot of stuff! (met haar arms vol speelgoed terwyl ons opruim)

Ek voel so trots op myself, want my klere sit so lekker los! Dit is wonderlike aanspooring om my pogings voort te sit!


Vandag het ek geleer dat mens op dieet kan wees en nogsteeds Pizza eet!

Wednesday, January 25, 2012

Druiwe vang



Een van Lydia se gunsteling videos om te kyk toe sy nog klein was is die een waar ek die druiwe probeer vang en dan lag sy vir my. Gister sien ek sy probeer ook so druiwe vang in haar mond, ek moes dit summier op video kry, want dit was so flippen cute! Sy laat my so lekker lag.


Ons het 'n lieflike dag gehad. Woensdae is mos vrouebybelstudie by die kerk. Lydia is nou al so opgewonde om met haar maatjieste speel in die child care dat sy my heelpad kerk toe herinner om haar dadelik by die childcare te gaan drop. Wonderlik die verskil wat 6 maande an maak!


Ons studie vandag het gegaan oor vrees en die oorkoming van vrees. Sjoe, daar was twee vrouens in ons groep wat darem baie diep goed gedeel het. Beide te doen met hulle mans wat drooggemaak het. Een se man het sommer net geloop en haar gelos met hulle 4 jaar en 18 maande kinders en die ander een se man het rondgeloop en nou moet sy besluit of sy hom gaan skei en of sy gaan vergewe en hom terugvat. Ons gesels toe sommer in die bree oor hoe die mans van ons generasie en slap geword het. Die eerste een wat sy vrou en kinders ge-abandon het was 'n youth pastor en die ander een is ook veronderstel om 'n kerkmens te wees. Dis asof hierdie generasie se mans net nie verantwoordelikheid kan hanteer nie en sodra dit lyk of dinge begin woes raak, dan bail hulle uit. En is ook nie eintlik verbasend nie, as jy kyk hoe mans in die media en selfs in die kerk soos bv. huweliksvoorbereidings- en verreikingskursusse uitgebeeld word - as lui, ruggraatlose, lummels wat net op hulle eie gemak gefokus is! En die vrouens weer word as superhero's uitgebeeld wat eintlik nie mans nodig het nie! Dis g'n wonder dat ons generasie se mans geen dink van julleself het nie. Ons het sommer summier as 'n groep besluit om te bid vir ons mans en ons vriende se mans, sodat hierdie ding nie oordra na ons seuns nie!


Sjoe, dit was diep.


Na bybelstudie is ons na pappa toe vir middagete. En vandaar direk na tannie Julie se huis vir 'n playdate vir Lydia en 'n cooking class vir my! Julie is 'n pastry chef met baaaie accoldes onder haar belt(van haar resepte is al gepubliseer!). Sy't vir my en Michelle geleer om chocolate mousse te maak. Maklik, maar tricky! ;o) Natuurlik het dit my dieet nie goed gedoen nie, want ek moes toe die mousse opvreet! Maar darem het ek myne met Lydia gedeel, en ek HET vanoggend Jillian gedoen en ek gaan NOU Denise doen!


Vandag het ek geleer hoe maak mens Chocolate Mousse!

Monday, January 23, 2012

Kyk nou net! Dis 'n nuwe jaar en ek is alweer besig met die dieet ding! Haai! Gaan dit nou regtig die storie van my lewe wees?? Een van my heel eerste inskrywings op hierdie blog was oor my gewig en dit is mooitjies 18 maande terug. November maand laas jaar was ek in 'n gesprek oor 'bucket lists" (goed wat mens wil doen voor jy expire!) en al wat ek kon dink wat ek wil doen voordat ek doodgaan is dat ek 40 pond wil verloor. Hoe tragies is dit? As ek 40 pond verloor het en dan doodneerslaat! Ag siestog. Ek gaan wraggies nie vir die res van my lewe aan my gewig verknog wees nie.

So, maats, hierdie jaar gaan ek OPDAAG! Instede van net opsnork, gaan ek begin OPDAAG - nie meer net te wag vir goed om vanself te gebeur nie, maar om die werk te doen om te sorg dat dit gebeur. Ek het immers na die bucket list gesprek van November al 15 pond verloor, en is al baie fikser. My broeke sit losser, en ek kan actually asemhaal in my reenjas! Ek is besig om op te daag! En ek is trots op myself.

Vandag het ek geleer dat dit beter is om te kyk na jou onlangse suksesse as jou oeroue mislukkings!