Monday, February 27, 2012

Voorjaar

So, nog 'n verjaarsdag verby. Die groot 30! (sharrap)! Ek sit en luister na Najaarsdroom van ou Koos Du Plessis want ek het daaraan gedink toe ek nou die kombuis aan die kant gemaak het. Ek voel nie hartseer of nostalgies of enige iets nie, dis net vir my 'n mooi lied met woorde wat baie beskrywend is vir waar ek nou in my lewe is. En al is dit eintlik vorojaar is die woorde nog steeds vir my mooi.

"iewers skyn die somerson op die velde van Transvaal,
en erens dreun die branders aan die strande van Natal"

"ek sit soms en ek luister of ek dalk in die wind
die Vrystaat en die Boland se stemme terug kan vind"

En dan besef ek dat selfs iemand wat in Boksburg of Balito of Kroonstad of Stellenbosch bly kan daai persiese selfde woorde sing. Die Transvaal en Natal, die Vrystaat en die Boland waarvan Koos sing bestaan nie meer nie. Selfs vir mense wat bly in die land met die naam Suid Afrika. DIT maak my hartseer en nostalgies.

No comments:

Post a Comment