Monday, February 27, 2012
Voorjaar
"iewers skyn die somerson op die velde van Transvaal,
en erens dreun die branders aan die strande van Natal"
"ek sit soms en ek luister of ek dalk in die wind
die Vrystaat en die Boland se stemme terug kan vind"
En dan besef ek dat selfs iemand wat in Boksburg of Balito of Kroonstad of Stellenbosch bly kan daai persiese selfde woorde sing. Die Transvaal en Natal, die Vrystaat en die Boland waarvan Koos sing bestaan nie meer nie. Selfs vir mense wat bly in die land met die naam Suid Afrika. DIT maak my hartseer en nostalgies.
Wednesday, February 22, 2012
Woensdag
Ons het vandag 'n vriendin van my help trek. Dis mos wat gebeur as mens 'n bakkie het "Can you please help me to take a couple of boxes to the new place?" Ek gee glad nie om om dit te doen nie, want ander met bakkies het ons al baie gereeld help trek. Dis altyd ook lekker om die nuwe huis te sien. Ek sou nou wraggies nooit in hulle nuwe plek wou intrek nie. Dis aaaaklig. Maar each to his own.
Lydia het nie geslaap oppad af nie, en ook nie oppad terug nie! Sy raak nou regtig 'n groot dogtertie. Deesdae as sy gaan slaap in die kar, dan sê sy vir my Mamma, ek gaan gou gou nap. Vandag het ek haar gevra of sy gou gou gaan nap, toe sê sy Uh-uh. Wel, okay. O, en vanmore kom sy by my waar ek my hare doen en lig my in "Mommy, I have decided not to eat my breakfast today" Ek sê o, wel, okay. "So, now can have some cookies, please" hahaha. Toe lag ek en verduidelik vir haar dat DIT nie is hoe dit werk nie. Toe het sy darem terug gegaan en haar salami gaan opeet, maar sy wou nie die appelskyfies eet nie, so, dus geen koekies nie.
Vandag het ek geleer dat iets wat vir my hond afskuwelik is vir 'n ander mens baaie mooi kan wees. weird.
Wednesday, February 15, 2012
Roses are Red, Violets are Blue
Die woorde van die liedjie is: Roses are red, violets are blue, I sleep in my bed, I have a bunny in my belly and I laugh. Sy't heeltemal self daarmee opgekom.
Die boekie wat sy vashou is kamma haar "musiek" Soos Mamma maak by die koor.
Dit sneeu vir 'n beker hier vandag. Ek skat seker al 6 duim geval, en dit val nog sterk. Wanneer dit vanmiddag ophou gaan ons so bietjie slee ry! Lekker. Sal foto's daarvan ook neem en post
My verkoue ding voel beter, maar ek klink soos 'n gans.
Monday, February 6, 2012
Weeg Dag
Lydia was op haar stukke vandag. Ek en sy het 'n paar keer ons magies vasgehou van die lag. Ek het nie veel met haar gedoen vandag nie, want ek het wasgoed by die duisende gehad om te doen. Toe bid ons vir ons middagete, toe sê sy: Dankie vi die lekke daaaag, dankie vi ons lekke kossies, dankie dat Mamma met my kan speel...jaaaa, Mamma moet met my speel (toe lag ek en toe sjoos sy my!) en dankie vi Chocho en Tasha. AAAAMEN! Dankie Jesus!"
Saturday, February 4, 2012
Niks nuuts nie
Lydia het verkoue, die arme ding. Haar dees is sooo toe ek sukkel om haar te verstaan! Sy moes vanoggend drie keer vir my sê sy wil 'n ped hê. Dis toe al die tyd 'n PEN. Shame.
Sunday, January 29, 2012
Lifestyle Changes
- Ek drink nie meer soda nie. Ek koop dit nie by 'n grocery store nie, ek bestel dit nie by 'n restaurant nie, ek drink dit nie by vriende se huise nie! Dit doen ek al van Thanksgiving af. Aan die begin het ek my Pepsie vreeeeslik gemis, maar nou kom ek nie eers meer agter dat dit nie meer in my lewe is nie.
- Ek eet nie meer lekkergoed nie. Nie chocolate nie, nie marshmellows nie, nie gummybears nie. Dis nog vir my moeilik, veral daai tyd van die maand en ek moet 'n bietjie van lekkergoed in die huis hou vir Lydia, maar ek koop maar net die goed wat sy van hou en wat ek nie van hou nie. Dit is buitendien ook sleg vir haar en sy kan maar gerus ook minder soetgoed eet.
- Beginnende met Lydia se verjaarsdag hierdie jaar sal ek slegs op haar, my en Will se verjaarsdae koek eet. Die dag na haar verjaarsdag was ek so siek soos 'n hond aan 'n ongemaklike magie oor die cupcakes wat ek geeet het daai dag. Voor haar verjaarsdag het ek laaaanklaas fyngebak geeet en ek het vergeet hoe sleg dit my laatvoel. Hoekom iets eet wat my nie lekker laat voel nie.
Dis net drie goedjes, die eerste van is klaar onder die knie.
Daai's die goed wat ons nie meer gaan doen nie. Ons probeer nou om elke maaltyd meer groente as vleis en stysel te eet en om ons snacks uitsluitlik vrugte te hou.
There.
Wat het ek vandag geleer....? Hmmm. nope, I got nothin'
Saturday, January 28, 2012
Sing in die Kar
ek het hierdie maaande terug opgeneem en op facebook gelaai, maar hier's dit nou oppie bloggie ook vir die wat sukkel met facebook.
tarra
Ons Tweetalige Toddler
- I can skryf him a Happy Birthday Card.
- Mommy, can you please hand me that stok?
- Let's go to speel-speel Disneyland.
- Look, I made some plek for you.
- I don't can do this.
- Mommy, I'm so scary! (as sy bang is vir iets)
- Could you help me make this toe, mom?
- Ek het my ball gelost, Mamma!
- I don't can find my guitar everywhere!
- I have too lot of stuff! (met haar arms vol speelgoed terwyl ons opruim)
Ek voel so trots op myself, want my klere sit so lekker los! Dit is wonderlike aanspooring om my pogings voort te sit!
Vandag het ek geleer dat mens op dieet kan wees en nogsteeds Pizza eet!
Wednesday, January 25, 2012
Druiwe vang
Een van Lydia se gunsteling videos om te kyk toe sy nog klein was is die een waar ek die druiwe probeer vang en dan lag sy vir my. Gister sien ek sy probeer ook so druiwe vang in haar mond, ek moes dit summier op video kry, want dit was so flippen cute! Sy laat my so lekker lag.
Ons het 'n lieflike dag gehad. Woensdae is mos vrouebybelstudie by die kerk. Lydia is nou al so opgewonde om met haar maatjieste speel in die child care dat sy my heelpad kerk toe herinner om haar dadelik by die childcare te gaan drop. Wonderlik die verskil wat 6 maande an maak!
Ons studie vandag het gegaan oor vrees en die oorkoming van vrees. Sjoe, daar was twee vrouens in ons groep wat darem baie diep goed gedeel het. Beide te doen met hulle mans wat drooggemaak het. Een se man het sommer net geloop en haar gelos met hulle 4 jaar en 18 maande kinders en die ander een se man het rondgeloop en nou moet sy besluit of sy hom gaan skei en of sy gaan vergewe en hom terugvat. Ons gesels toe sommer in die bree oor hoe die mans van ons generasie en slap geword het. Die eerste een wat sy vrou en kinders ge-abandon het was 'n youth pastor en die ander een is ook veronderstel om 'n kerkmens te wees. Dis asof hierdie generasie se mans net nie verantwoordelikheid kan hanteer nie en sodra dit lyk of dinge begin woes raak, dan bail hulle uit. En is ook nie eintlik verbasend nie, as jy kyk hoe mans in die media en selfs in die kerk soos bv. huweliksvoorbereidings- en verreikingskursusse uitgebeeld word - as lui, ruggraatlose, lummels wat net op hulle eie gemak gefokus is! En die vrouens weer word as superhero's uitgebeeld wat eintlik nie mans nodig het nie! Dis g'n wonder dat ons generasie se mans geen dink van julleself het nie. Ons het sommer summier as 'n groep besluit om te bid vir ons mans en ons vriende se mans, sodat hierdie ding nie oordra na ons seuns nie!
Sjoe, dit was diep.
Na bybelstudie is ons na pappa toe vir middagete. En vandaar direk na tannie Julie se huis vir 'n playdate vir Lydia en 'n cooking class vir my! Julie is 'n pastry chef met baaaie accoldes onder haar belt(van haar resepte is al gepubliseer!). Sy't vir my en Michelle geleer om chocolate mousse te maak. Maklik, maar tricky! ;o) Natuurlik het dit my dieet nie goed gedoen nie, want ek moes toe die mousse opvreet! Maar darem het ek myne met Lydia gedeel, en ek HET vanoggend Jillian gedoen en ek gaan NOU Denise doen!
Vandag het ek geleer hoe maak mens Chocolate Mousse!
Monday, January 23, 2012
So, maats, hierdie jaar gaan ek OPDAAG! Instede van net opsnork, gaan ek begin OPDAAG - nie meer net te wag vir goed om vanself te gebeur nie, maar om die werk te doen om te sorg dat dit gebeur. Ek het immers na die bucket list gesprek van November al 15 pond verloor, en is al baie fikser. My broeke sit losser, en ek kan actually asemhaal in my reenjas! Ek is besig om op te daag! En ek is trots op myself.
Vandag het ek geleer dat dit beter is om te kyk na jou onlangse suksesse as jou oeroue mislukkings!