Sunday, July 25, 2010

O wel, hier gaat ons alweer

Na my swembroekaanpasekskursie van Vrydag dog ek vandag ek beter maar oppie skaal klim en net kyk wat die skade is. Ons sal nou nie die gewraakte nommer hier neerskryf nie, maar suffice it to say dat ons van nou af na onsself moet verwys in die MEERVOUD! En ons bedoel nie die Royal Plural nie! Tot Willie sê ek is vet! Hy sê en ek haal direk aan "As ek nou moet sê dan dink ek dat jou bolyf en jou ''core" die meeste werk nodig het" Wat hy eintlik sê is ek het vet arms en 'n groot ronde boepmaag wat teen my bobene skuur wanneer ek loop!! Ek is so goed daarmee om tussen die lyne te lees wanneer mense met my praat. DUS, van more af (want hier's koek in die huis!) is dit weer ek en Tannie Denise. Willie het selfs aangebied om in die oggende vroeg na Lydia te kyk sodat ek kan gaan swem in die BV swembad. Hy het gesê, en ek haal direk aan, "Swem sal baie goeie oefening wees vir jou bo-arms en jou core, en ek sal met Lydia speel sodat jy kan gaan swem", wat hy eintlik gesê het is dat ek liefs nie oefening op land moet doen nie, want ons het reeds 'n klomp aardbewings gehad en dat ons nie die bure verder wil ontstel nie. Verder is alle suiker en stysel nou vir my verbode en ek beter maar sorg dat ek ten minste vier keer op 'n dag een of ander fisiese aktiwiteit doen. Wat my net lam maak is dat ek so gereeld van vooraf moet begin met hierdie storie , dit voel soos my oudste vrotste onderbroek wat ek maar net nie van kan ontslae raak nie. As ek by die laai kom is al die ander in die was en al wat daar is is die ou vrotte, dan moet ek hom maar weer aantrek. Ten minste dink ek die keer dis bietjie snaaks en wil ek nie my polse oop gaffel daaroor nie. Dis natuurlik hoeka alles die Lexapro se skuld, hierdie skielike verskriklike (en ek bedoel verskriklike) gewigstoename! Lexapro gee vir mens 'n eetlus en ek het die afgelope vier weke net geil gevreet alles wat voorkom. Ek moes elke aand die vet van die kalf van my bek afwas en die halwe skaap en hoender tussen my tande losflos voordat ek langs my maag kon gaan slaap. Nou ja, ek sal nou maar net bietjie selfbeheersing aan die dag moet lê.
Die lig aan die einde van die tonnel is ons Disneyland trip in September en dat Will gesê het dat ek $100 kan kry om net op myself te blaas as ek my doel bereik het.
Dis al vir nou.

No comments:

Post a Comment