So kuier ek vandag by vriendin op dorp wie se naam ek nie hier kan noem nie, want partykeer kyk sy wat ek skryf. Sy's sooooooo rond op die oomblik met die babamagie, maar nie net dit nie, sy lyk so bietjie soos 'n bus van alle kante af. Nou vertel ek haar in kleur en geur soos net ek kan van my nuutgevonde (of hergevonde, eerder) gewigsverlies planne. Sy reken ek is heeltemal te laf, en dat as ek net eenkeer per dag met die honde gaan stap is dit heeltemal genoeg en dan kan ek maar eet net wat ek wil. Want sy beplan om na die baba gekom het net vir 'n halfuur in die oggend te gaan fietsry in die gym en dan kan sy gelukkig vir die res van die dag eet wat sy wil. Sy reken dis onrealisties om mens se eetpatroon ook aan te pas as mens reeds 'n strengoefen roetine volg. Sy sĂȘ dit nou nie, maar ek kan sommer sien sy dink ek is laf. Nou wil ek eers die ding doen sodat ek vir haar kan wys dat ek nie laf is nie en dat dit nie help om net te oefen nie, maar dat as mens 'n sekere punt van oorgewig bereik het KAN jy nie meer net eet wat jy wil nie, my MOET briekaandraai met die kos en oefen. Ek wil eers dit regkry, en dan sal ek vir haar vertel hoe ek dit gedoen het. So. Nou het ek dubbele motifering. Ek dink eintlik daar is bietjie van 'n ietsie wat die kos en haar kop aanbetref. Eenmal het iemand by ons bybelstudie groep aangebied dat ons vas oor 'n saak, en toe was sy skoon militaristies gekant teen vas. Kos is defnitief meer as 'n sekuriteitskombersie daar!
So. Vanoggend 8 - 8:20 was ek in die water, 9 - 9:45 het ek my Denise gedoen (die USGIS rapporteer severele aardbewings van magnitude 1.5 in Bear Valley vir daardie tydperk...), 5 - 5:45 was ek en Lydia op die pad (sy in die stroller, ek al stotende agterna - die honde nie saam nie, Tasha het seervoet). Vir ontbyt het ek geweet ek gaan na Heidi toe en sy het altyd ietsie lekkers so ek het uitgehou tot daar en 'n klein skyfie Tiramisu geeet (sy het drie skywe gehad terwyl ek daar was). Middagete was leftovers van Maandagaand se Lensiebredie, en aandete is oorskiet groente van gisteraand. En 'n koppie koffie, want ek mag EEN koppie koffie per dag drink.
Arme Will is met Lydia in die kamer, sy's veronderstel om te slaap, maar ek kan hoor sy wil NIKS weet nie!
No comments:
Post a Comment