Die ark was oop hier vandag. Eers was ek buite om die swembad leeg te maak en te was, toe kom my vriendin Michelle vir my loer oor die heining met 'n tamatie plantjie vir my. Sy het klomp tamatjie saadjies geplant en almal het opgekom, nou sit sy met omtrent 30 tamatie plantjies so sy deel vir almal uit. Lekker! Toe kuier ons eers bietjie. Toe kom Annette hier aan om te oefen vir VBS, ons het heerlik geoefen en gelag vir mekaar met die bewegings en stuff. Dis nogal baie snaaks as een vet spook en 'n ou spook probeer om kinder bewegings te maak. Lydia het gedink dis snaaks ten minste. Terwyl sy hier was daag die Jehova geguies hier op om ons uit te nooi na hulle saamtrek in Bakersfield die naweek. Ek groet hulle so by die deur "Good Morning, what a wonderful day the Lord is blessing us with!" En so haal mens die wind uit 'n jehova getuie se seile uit! Hulle kon nie gou genoeg hier wegkom nie. hehehe. Toe daag Trish hier op en saam met haar kom hier 'n ou aan van SoCal Edison om ons te vertel van 'n survey wat hulle doen en dat hulle oor so paar uur die back yard gaan nodig he. Ek en Trish het heeldag gekuier (soos in letterlik) sy is eers 6 uur hier weg. Intussen is SoCal Edison hier in en uit, mense van die kerk is in en uit om VBS goed op te tel en die honde raak mal! Dit was 'n heerlike dag all together!
Die kerk crap is nogsteeds aan die gang. Annette is die worship Pastor se vrou en sy sê vir my voor sy loop dat hulle na Jeff se huis genooi is vir 'n vergadering maar dat hulle nie voel om te gaan nie, want omdat Jim op die kerk se bestuur is sal dit voel soos 'n conflict. Ek voel baie bly dat hulle vir Jim hulle ook genooi het want dit wys vir my hulle probeer nie iets onderduims of in die geheim doen nie. Ek het NIE vir Annette gesê ons is ook genooi nie, ek het net gesê ons is biddend vir die situasie.
Vandag voel ek weer beter as die afgelope paar dae.
Lekker slaap.
Lynne
No comments:
Post a Comment