Thursday, August 5, 2010
Nou voel ek weer beter
Ek was darem gister en vanoggend baie ongelukkig oor die hele gewig storie. Ek het regtig hard geoefen en het gehoop dat ek ten spyte van die feite nie te min 'n paar pondjies sou verloor, maar moet nie glo nie. Vandag toe ek op die skaal klim is dit nogal so ewe .5 pond swaarder! Ugh. Toe besluit ek ek gaan nie oefen vandag nie, maar ek gaan die huis soos in vreeslik aan die kant en skoon maak! Dit het gewerk soos 'n bom, ek het gewerk dat die sweet my aftap (wat deesdae sommer vinnig gebeur) en was eers drie uur vanmiddag klaar, maar nou lyk die huis pragtig en ek kon terugstaan en die vrug op my arbeid geniet. Dis lekkerder as mens hard werk vir iets en jy kan actualy die resultate van jou labour sien! More is dit maar weer terug na die oefen skedule. Will het begin draf vanmore. hy sĂȘ ek inspireer hom. Ten minste inspireer ek IEMAND!
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment